Foto: R. Amesz

dinsdag 16 april 2013

DIE DANSENDE DIGTERSFEES, DAVID SHULMAN


DANSENDE DIGTERSFEES. DAVID SHULMAN (ISRAEL)


Die Dansende Digtersfees / Dancing in Other Words, is ‘n internasionale fees van digters en digkuns wat op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei 2013 op Spier, buite Stellenbosch, gaan plaasvind. As ‘n gesamentlike projek tussen Spier en die Pirogue Kollektief, is die Dansende Digtersfees die eerste beliggaming van ‘n vennootskap met die bedoeling om verder vorentoe soortgelyke ruimtes van skepping en verbeelding te bevorder en te fasiliteer, hetsy literêr, maatskaplik, of polities van aard. 
*** 
David Shulman (1949) is ’n Israeliese digter wat wêreldwyd gereken word as een van die heel vernaamste kenners van veral die Indiese tale. Ook is hy bekend as kulturele antropoloog. Vantevore was hy hoogleraar by die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem in sowel die departement vir Indiese Studies en Vergelykende Godsdiens as  die departement Indiese, Iranese en Armeense Studies. Tans beklee hy die pos van Renee Lang Professor of Humanistic Studies by dieselfde universiteit. Hy is die skrywer (of mede-skrywer) van meer as 20 publikasies oor uiteenlopende onderwerpe soos tempelmitologieë, tempelgedigte en essays oor die kulturele geskiedenis van veral Suid-Indië. Eweneens is hy die volgende tale magtig: Hebreeus, Engels, Sanskrit, Hindi, Tamil, Telugu, Grieks, Russies, Frans, Duits, Persies, Arabies en Mayalam.
Shulman is verdermeer ’n aktivis vir vrede in die Midde-Ooste en derhalwe is hy ’n baie prominente lid van Ta’ayush, ‘n Israelies-Palestynse vredesorganisasie wat veral gekant is teen die gebruik van geweld in die Midde-Oosterse konflikte.
Van die vernaamste werke wat uit sy pen verskyn het, is die volgende:
Dark Hope: Working for Peace in Israel and Palestine,University ofChicago Press.
Heat Spring Rains: A South Indian Diary,University ofChicago Press.
More than Real: A History of the Imagination in South India,HarvardUniversity Press.
The Sound of the Kiss. Columbia University Press, also Oxford University Press,Delhi.
God on the Hill. Temple Poems from Tirupati.OxfordUniversity Press, NY.
A Poem at the Right Moment (vertalings deur Shulman en V. Narayana Rao), University of California Press en Oxford University Press,India.
Ongelukkig is daar geen publikasie met David Shulman se gedigte in Engelse vertaling beskikbaar nie. Derhalwe sal geen van sy publikasies tydens die Dansende Digtersfees beskikbaar wees nie, maar indien enige van bogenoemde titels vir jou persoonlik van belang is, kan dit deur Protea Boekwinkel op Stellenbosch vir jou bestel word.
As leestoegif plaas ek graag die gedig wat op die Dansende Digtersfees se amptelike webtuiste beskikbaar is.
*** 
Psalm 26
Where god ends,
light begins.
Where light ends,
I return to trace
the thin line in the mind
that begins with “I” and ends
in I, another, stranger I, to return
is to lose again the place touched or regained
that holds the longing we could not name
after the slow night of waiting, moving forward
but as if endlessly back in the dream
stretching from this dawn to then, as if then,
if only then, and even the longing
no longer the same but for the fire
that must return, to return is to cling
to the broken raft in the waves that may
bear us toward Ithaka, never to reach her
or, reaching, to find that Ithaka
is the line we have traced in the mind
that begins only then and that ends
as I will end, afraid, still aflame,
to return is to trace this longing lightly
with our fingers almost touching
the dark spot where all must drown
and return, where god ends and I
begin.
(c) David Shulman



Geen opmerkingen:

Een reactie posten