Foto: R. Amesz

vrijdag 30 november 2012

EYEWEAR CHRISTMAS POETRY LAUNCH PARTY

         

Dangerous Cakes
Price: £12.99

Eighteen Poems
Price: £12.99


Eyewear Christmas Poetry Launch Party: Elspeth Smith and Simon Jarvis plus special guest Caleb Klaces

Eyewear is celebrating its first year as an indie poetry publisher on the 5thDecember with warmth, cheer and merriment at the Oxfam bookshop, Marylebone. For a Christmas treat, Eyewear are launching two brilliant new collections for its fourth and fifth titles. Dangerous Cakes is Elspeth Smith’s remarkable debut; a quirky, dark and kitsch collection of poems. Smith’s sly poems limit themselves with obsessive tropes – shoes, wine glasses, balloons, tea, cake, dancing – and then open them up, somehow, into vast,
mysterious places, with a question or apercu. She is a fascinating woman, born in Ceylon in 1928 to British parents, spending her childhood on a tea plantation.
Eighteen Poems is by one of the UK’s most respected avant-garde poet-critics, Simon Jarvis. His writing intriguingly reaches out to the Wordsworthian tradition, being a mixture of the lyrical, romantic and post-modern. Jarvis is the Gorley Putt Professor of Poetry and Poetics at Cambridge.
You will have the opportunity to hear both poets read from their work, as well as our special guest Caleb Klaces, who won the Melita Hume Poetry Prize this year with his strong and original collection Bottled Air. This is being published by Eyewear in 2013.
Please rock up at no charge to the Oxfam bookshop, 91 Marylebone High street, 7-9pm, Wednesday December 5th, 2012, for a glass of white or red, some ground-breaking poetry and most importantly, some Christmas joy.

EYEWEAR PUBLISHING

Eyewear Christmas Poetry Launch Party: Elspeth Smith an


ALBERT BONTRIDDER 91


DINSDAG 11 DECEMBER 2012: HOMMAGE-AVOND ALBERT BONTRIDDER

Poëziecentrum presenteert Wonen in de vloed, de nieuwe dichtbundel van de Brusselse dichter-architect Albert Bontridder. Naar aanleiding van het verschijnen van die publicatie organiseren het Poëziecentrum en Het Beschrijf een hommage-avond.
Programma
Inleiding op het werk van Albert Bontridder door literatuurwetenschapperTom Van Imschoot
Persoonlijke getuigenissen van literaire vrienden van Bontridder: Bert Kooijman en Frank De Crits
Dichters Leonard Nolens en Inge Braeckman huldigen Albert Bontridder en brengen ieder een keuze uit zijn poëtische oeuvre.
Albert Bontridder leest voor uit Wonen in de vloed, een intrigerende reeks poëtische meditaties bij belangrijke verwezenlijkingen uit de twintigste-eeuwse modernistische architectuur.
Receptie
Praktisch
Datum + uur: dinsdag 11 december om 20u00
Locatie: Passa Porta, A. Dansaertstraat 46, B-1000 Brussel
Toegang: € 5/4
Reservatie is aangewezen via Passa Porta

maandag 5 november 2012

CHARLES-PIERRE NAUDÉ SOOS KOFFIE EN CROISSANTS IN MAASTRICHT


Op LITNET een boeiend en informatief artikel van Carina van der Walt over MIPN 2012 en met name vrijdagavond 26 oktober toen eregast Charl-Pierre Naudé werd geïnterviewd door Robert Dorsman.

Refleksies is ’n rubriek wat handel oor Suid-Afrikaners se aktiwiteite in Nederland. Dit het betrekking op alle kunste, maar veral die letterkunde, beeldende kuns en musiek. Soms sal daar oor hoogtepunte uit die Nederlandse literêre wêreld geskryf word.


Carina van der Walt het in 2007 verhuis na Nederland, waar sy voltyds skryf.




Charl-Pierre Naudé soos koffie en croissants in Maastricht
Carina van der Walt


Op Vrydagaand 26 Oktober het die Afrikaanse digter Charl-Pierre Naudé by die negende Maastricht International Poetry Night (MIPN) opgetree. Hy was vanjaar se eregas. Hierdie poësiefees het in die teatersaal La Bonbonnière naby die Onze Lieve Vrouwenplein plaasgevind. Dit is ’n tweejaarlikse fees met die allure van ’n gevestigde, ou wêreld. Gebrek aan geld speel nie ’n rol nie. Pure poësie is soos donker sjokolade met ’n kakaowaarde van 75% plus uitgedeel. Hiér kom die bestes bymekaar.
Vanaf die draai van die millennium is Naudé die tweede eregas uit Suid-Afrika. In 2000 het Wilma Stockenström hierdie rol gedeel saam met Gerrit Kouwenaar en Seamus Heaney uit Ierland. Breyten Breytenbach het in 2008 en 2010 hier in Maastricht opgetree, maar nie as eregas nie. Hy was die afgelope Vrydag weer teenwoordig en het Naudé ’n warme handdruk na sy optrede gegee.
Ander digters wat deur die jare as eregaste smaak aan MIPN gegee het, was die Nederlanders Cees Nooteboom, Rugter Kopland, HH ter Balk, Remco Campert en Willem van Toorn, Les Murray en Tom Petsinis (albei uit Australië), Gennadji Ajgi (Rusland), Zsófia Balla (Hongarye) en Tomaž Šalamun en Dane Zajc (albei uit Slowenië).
Terwyl die winter sy eerste nat en geniepsige kloue in die strate van Maastricht ingeslaan het, het La Bonbonnière (Frans vir lekkergoedbakkie) stadig volgeloop. Die plaaslike Maastrichtenaars het saam met mense van heinde en verre gekom om gedigte te kom proe. Charl-Pierre Naudé se naam is ’n opstapeling van Franse name, wat perfek pas in hierdie sjiek stad, waar ewe veel Nederlands, Frans en Duits in die strate gehoor word; waar die restaurante se spyskaarte in Frans aangebied word en die kelners met die nodige respek behandel word; waar dit besonder belangrik is om jou goed te klee en die regte omgangskodes te gebruik.
Vrydag se fynproewersaand in La Bonbonnièreis geopen met ’n onderhoud tussen Naudé en sy Nederlandse vertaler, Robert Dorsman. Op Dorsman se vraag hoe Afrika van Europa verskil, het Naudé Afrika getipeer as “’n eindelose oseaan met hier en daar ’n eilandjie van begrip” en sommer ook die verskil tussen Suid-Afrika en Maastricht genoem beskryf as “weinig swart mense en ’n gedeelde taal”. Inderdaad. Die enigste swart man teenwoordig was die Zimbabwiese digter Chirikure Chirikure.
Soms was Dorsman se vrae aan Naudé soos harde neute.

Robert Dorsman en Charl-Pierre Naudé
Dorsman: Wat is het contextuele verschil tussen Zuid-Afrika en Afrika?
Naudé: My geslag is nie toegelaat om Afrika te verken nie. Ek het nog nie in Afrika gereis nie, maar ek haak graag aan by ’n uitlating van Thabo Mbeki, naamlik dat in Suid-Afrika ‘a special kind of colonialism’ heers. Twee stamme is die beliggaming van die Europese moderniteit. Hierdie twee stamme is die Engelse en die Afrikaanse taalgemeenskappe.
Dorsman: Je bent een man van metaforen. Wat is de relatie tussen poëzie en werkelijkheid?
Naudé: Die wêreld soos hy bestaan is ’n fiksionele konstruksie. Fiksie verander die heeltyd, net soos poësie. Europa het moderniteit. Afrika het nooit moderniteit beleef nie. Ek bedoel daarmee die besef dat waarheid en objektiwiteit bestaan. In Afrika is waarheid ’n subjektiewe konstruksie. Afrika het nié die fantasie van ’n oorkoepelende, enkele waarheid nie.
En toe word ons dors. Wynglasie in die hand is daar tydens pouse verder op sommige vrae ingegaan.
Van der Walt: Wat is die “oorkoepelende waarheid” van Europa?
Naudé: Verligting, rasionaliteit en sekularisasie is deel van moderniteit. Europa is selfs ’n stappie verder, besig met postmoderniteit.
’n Sakkie rosyntjies het vir Naudé na die Nederlandse digter gelei wat die grootste invloed op hom gehad het. Hy het gelees hoe DJ Opperman met ’n sakkie rosyntjies uit Suid-Afrika vir Gerrit Achterberg opgesoek het. Dit het dit hom nuuskierig gemaak. Alhoewel Naudé nie alles verstaan het van Achterberg se poësie nie, het dit hom baie beïndruk, soos wat die “swewende aspek van poësie” dikwels met ’n mens doen.
En toe-oog sweef was wat die gehoor moes doen toe hulle later die aand na die ryk klankstrome van die twee deelnemende vroulike digters geluister het. Fragmente van die voordragte is in Nederlands op ’n grootskerm geprojekteer.

Katica Kulavkova
Die ondervoorsitter van Pen Internasonaal uit Masedonië, Katica Kulavkova, het uit haar werk voorgelees. Masedonies is ’n taal wat in die buurland Bulgarye as ’n dialek van Bulgaars beskou word. Dit bestaan uit ’n onmoontlike kombinasie van skerp klanke voor in die mond (soos in Vlaams en Afrikaans) en geronder keelklanke soos in Nederlands. Dit het geproe soos donker sjokolade met ’n sterk gemmervulsel.
Die jongste deelnemer van die aand was Aurélia Lassaque (29). Sy het gedigte in Frans en Oksitaans voorgedra. Oksitaans is ’n versamelnaam van ’n klompie klein taaltjies wat sedert 1300 uit die Langue d’Oc in Frankryk ontwikkel het. Dit word ook soms naas die streekstaal Provensaals genoem. Oksitaans is deel van die Oksitaans-Romaanse tale en dit is die enigste ander familielid van Katalaans. Lassaque was geen sjokolade nie. Sy was ’n verfrissende jong witwyn.
Swaarder op die spysvertering was die Nederlandse digter Menno Wigman se gedig “Waar ik viel”. Hierdie gedig is deel van ’n deurlopende projek waaraan meerdere digters deelneem. Digters skryf lykdigte vir onbekendes wat voorgedra word op begrafnisse waar géén familie of vriende teenwoordig is nie. Dit was ook die wêreldpremière van hierdie gedig, want die Nederlandse komponis John Slangen van die Maastrichtse Konservatorium het musiek daarvoor gekomponeer. Dit was bietjie soos om foie gras te eet. Jy geniet dit, maar met gewetenswroeging. “Waar ik viel” is uitgevoer deur Nina Prezewozniak op viool en Paul Stavridis op tjello, met Lilit Satie as sopraan.
Naudé het altesaam vier gedigte voorgelees. “Oggend en aand met duiwe” is al gepubliseer. Sy Latynse “apriori-duiwe” het ’n intellektuele tint gegee aan sy optrede in hierdie Middeleeuse stad met sy ryk geskiedenis. Die dames en here in Maastricht kon versigtig en aandagtig aan drie ongepubliseerde gedigte proe, naamlik “Die ligste strand”, “Wiskunde II” en “Continental interface”. By die voorlesing van laasgenoemde het daar by my assosiasies met die opspraakwekkende kunswerk For the love of God van Damien Hirst ontstaan. Naudé ken die werk van Hirst. “Continental interface” het ontstaan na ’n besoek aan Antwerpen in 2010.
Charl-Pierre Naudé se optrede was ’n goeie opening vir die aand, met ’n balans tussen lig en swaar: ’n tipiese Franse ontbyt met koffie en croissants.
Charles-Pierre Naude