Foto: R. Amesz

maandag 11 maart 2013

DIE DANSENDE DIGTERSFEES STELLENBOSCH




PERSVERKLARING.
STELLENBOSCH, Februarie 2013

INTERNASIONALE MEESTERS VAN POËSIE KOM SAAM BY SPIER

Die Dansende Digtersfees / Dancing in Other Words, is 'n internasionale fees van digters en digkuns wat op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei 2013 op Spier, buite Stellenbosch, gaan plaasvind.

Vier Suid-Afrikaners, Antjie Krog, Petra Müller, Marlene van Niekerk en Breyten Breytenbach, sal deel uitmaak van ‘n uitgelese groep digters wat vir een week vooraf saam verkeer, om poësie se eeue‐oue funksie as "die droom‐aar in die liggaam van die samelewing" te verken. Die week‐lange program word saamgestel deur Breyten Breytenbach.

Besoekende digters sluit in Nobelprys voorlopers, politieke andersdenkendes, aktiviste en bekroonde literêre figure,
uit die Republiek van Korea, China, die VSA, Duitsland, Holland, Slowenië en Israel.

PROGRAM

Elf digters, elkeen van internasionale aansien, gaan die eerste deel van die week saam op reis deur “landskappe van
klip en wind en lig en vertaling”, sê Breytenbach. “Die onderlinge vertroue wat spruit uit die uitwisseling van gedeelde ervarings, sal ‘n hoogtepunt bereik met die aanbied van tekste in openbare voorlesings op 10 en 11 Mei.”

Die twee‐dag program sal bestaan uit openbare gesprekke en meestersklasse gedurende die dag; en voorlesings met
musiek, saans. Die program sal in en rondom die Ou Wynkelder aangebied word.

‘n Beperkte aantal kaartjies word vir alle vertonings uitgereik. Die gesprekke sal gratis wees en kaartjies vir aandvertonings R150 per persoon (verversings en wyn ingesluit). Die program sal op 1 April aangekondig word, waarna kaartjies beskikbaar sal wees.

Belangstellendes kan reeds voorkeurbesprekings maak by Spier. Skakel 021 809 1100 gedurende kantoor‐ure,
Maandag tot Vrydag, of epos reservations@spier.co.za. Vir meer inligting, besoek www.dansendedigters.co.za

VENNOOTSKAP

As 'n gesamentlike projek tussen Spier en die Pirogue Kollektief, is die Dansende Digtersfees die eerste beliggaming van 'n vennootskap met die bedoeling om verder vorentoe soortgelyke ruimtes van skepping en verbeelding te bevorder en te fasiliteer, hetsy literêr, maatskaplik, of polities van aard.

"Die vennootskap tussen Spier en Pirogue skep 'n platform vir ware en tersaaklike uitnemendheid," sê die uitvoerende hoof van Spier, Andrew Milne, " Ons is trots daarop om 'n handvol ware meesterdigters te kan huldig, terwyl hulle beide hul eie, en ons kunsgemeenskappe voed."

DIGTERS

Die besoekende digters is:

Ko Un (1933), 'n buitengewoon produktiewe Suid‐Koreaanse digter, 'n voormalige politieke aangehoudene en jare lank die ab van ‘n Boeddhiste klooster, wat gereeld as voorloper vir die Nobelprys vir Letterkunde genoem word;

Carolyn Forché, 'n Amerikaanse digter, redakteur, vertaler en aktivis vir menseregte wat die Lannan Leerstoel in Poësie by Georgetown Universiteit beklee;

Yang Lian (1955), 'n Chinese digter wat sedert die Tiananmen‐slagting in ballingskap verkeer en wie se werk in meer as twintig tale gelees word;

Joachim Sartorius (1946), 'n bekroonde Duitse skrywer, diplomaat, professor, Doktor in die Regsgeleerdheid, voormalige hoof van die Goethe‐Instituut wêreldwyd, asook die Direkteur‐Generaal van die 'Berliner Festspiele';

Hans van de Waarsenburg (1943), 'n Nederlandse digter, voormalige voorsitter van PEN en stigter van die Maasricht International Poetry Nights;

Tomaz Šalamun (1941), 'n Sloweense digter, erken as 'n leier van die neo‐avant‐garde poësie in Sentraal‐Europa, wie se wyd‐ vertaalde werk universele aandag geniet; en

David Shulman (1949), 'n Israeliese digter, wêreldbekende kundige op die gebied Indiese taalkunde, sowel as vredesaktivis en skrywer van Dark Hope: Working for Peace in Israel and Palestine.

Geen opmerkingen:

Een reactie posten